Welkom by Boulders Lodge & Spa

Boulders Lodge & Spa is geleë in Oudtshoorn — in die hartjie van die Klein Karoo — en op Roete 62.

Topklas verblyf in Oudtshoorn.

Ons 4 ster gastehuis — óók met 'n Superieure Verblyfsgradering van die AA — bestaan uit 9 slaapeenhede, met lugversorging en 'n eg Suid-Afrikaanse atmosfeer.

Ontspan.

'n Skitterblou swembad en Borrelbad, buite op die dek, wink vir besoekers. Spesiale ekstras, soos 'n welkomdrankie by aankoms en 'n soet verrassing in elke kamer, dra by tot 'n meer persoonlike atmosfeer by ons familie-bestuurde gastehuis. Die klimraam sal kinders ook vir ure besig hou.

Bederf.

Ons Spa, 'n gesondheidsparadys wat vrede in liggaam en siel herstel, bied verskeie behandelings om gesondheid en skoonheid te bevorder.

Eet. Drink.

Ons Pomegranate Restaurant beloof van die lekkerste Klein Karoo geregte — voorberei deur ons eie bobaas sjef — en top plaaslike en Suid-Afrikaanse wyn.

Ontdek.

Boulders Lodge & Spa is die perfekte oornagpunt as jy deur Suid-Afrika reis, wegbreek vir 'n naweek, op vakansie is of Oudtshoorn vir besigheid besoek. Ons is gunstig geleë met maklike toegang tot al die hoofroetes wat deur Oudtshoorn gaan.
 
Kom beleef ons warm gasvryheid, eg Suid-Afrikaanse atmosfeer, ontspannende spa-behandelings, smullekker kos en wyn en geniet 'n onvergeetlike vakansie in een van die mooiste adresse in Oudtshoorn, oppad na die immer gewilde Kangogrotte.

You Tube Video
Google Maps ikoon
Algemene fotostroomclick icon
  • Thumbnail: Entrance
  • Thumbnail: Front steps
  • Thumbnail: Front embankment
  • Thumbnail: Side view
  • Thumbnail: Boulders steps
  • Thumbnail: Garden view
  • Thumbnail: Restaurant fireplace
  • Thumbnail: Boulders Spa
  • Thumbnail: Honeymoon Suite
  • Thumbnail: Swimming pool

Verblyf

Rus in luuksheid na 'n dag van ontdekking, ontspanning of besigheid.

verblyf ikoon

Pomegranate Restaurant

Geniet 'n geurige Klein Karoo kosbelewenis in ons eie restaurant.

restaurant ikoon

Spa

Ons omvattende spaspyskaart bied 'n keuse vir elke gesondheidsmaak.

spa ikoon

Geleentheidsbestemming

Leer meer oor die verskillende geleenthede wat ons in Oudtshoorn kan aanbied.

Geleentheidicon

Welkomprente
facebookknoppie
Betaalkaarte wat ons aanvaar
kredietkaarte